ERMELO. – ‘n Deurry troosdiens word vanaand vir Isabella Stark, 15 maande, gehou nadat sy op 20 September gesterf het. Dit volg ‘n week nadat Isabella aan ‘n stukkie fyngedrukte neut verstik het.
Mense kan blomme, kaartjies met boodskappies of donasies aflaai wat die gesin kan help met uitstaande mediese rekeninge. Die troosdiens vind plaas by JC Studios-gastehuis in Cloetestraat 37 van 18:00 tot 20:30 vanaand. Die ouers van Isabella, Joshua en Monica sal ook daar wees.
Vir meer inligting kan Marelize Brits by 084 813 0777 of Juliet Basson by 060 905 7150 gekontak word.

LEES OOK: ‘Isabella, dit was ‘n voorreg om jou oupa te wees’
LEES OOK: Klein Isabella het haar engelvlerkies gekry
LEES OOK: Familie op hulle knieë na Isabella (1) aan fyn gedrukte neut verstik
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



