Vier verdagtes het Sondagaand omstreeks 21:00 uit die aanhoudingselle in Mahwereleng ontsnap. Die polisie is tans op soek na hulle.
Lt.kol. Richard Boshomane, polisiewoordvoerder, het aan FiND iT bevestig een van die verdagtes is die 28-jarige Mohammed Nassir wat vir moord in hegtenis geneem is.
Die vier ander verdagtes wat ontsnap het, is Stanley Chiteya (38), Dexter Tinashe (26) en Joseph Hlongwane (37).
Boshomane sê 11 verdagtes was in een sel in aanhouding toe die vier wat ontsnap het, dit reggekry het om die binneste deur oop te sny. Die verdagtes het die dak in die oefenkamer oopgemaak en kon ongesiens ontsnap.
Die ander verdagtes wat ook in die sel in aanhouding was, het die beamptes van die voorval ingelig.
“Die lede het dadelik na die verdagtes gaan soek, maar sonder sukses.”
Lees ook: Geliefde Jim Fouche-sekretaresse sterf aan Covid-19
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



