21 beseer na bakkie omslaan

Deel hierdie storie / Share this story

KWAZULU-NATAL. – 21 mense is beseer toe ‘n bakkie Sondagmiddag op die N2 by die Empangeni-afrit omgeslaan het.

Altesaam 21 beseer

Arrive Alive berig met paramedici se aankoms op die toneel het hulle gevind dat ‘n bakkie beheer verloor het, wat veroorsaak het dat die bakkie omgeslaan het. Paramedici het die insittendes ondersoek en gevind dat drie mense ernstige beserings opgedoen het en 18 ander het ligte beserings opgedoen.

Al die beseerdes is op die toneel behandel voordat hulle na ‘n hospitaal vir verdere behandeling vervoer is.

LEES OOK: Suid-Afrikaners in NS samel geld in vir Dickason-familie

LEES OOK: Bejaarde wat oggend in tuin werk, aangeval en vasgebind

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.