Bejaarde wat oggend in tuin werk, aangeval en vasgebind

Deel hierdie storie / Share this story

OOS-KAAP. – ‘n Bejaarde vrou wat Woensdagoggend in haar tuin op ‘n plaas 20 km buite Kareedouw gewerk het, is na bewering deur ‘n man aangeval.

Volgens sers. Majoli Nkohli, polisiewoordvoerder, is die slagoffer van agter aangeval, met ‘n tou vasgebind en in die huis ingeneem.

“Die verdagte het glo ‘n skootrekenaar, selfoon, tablet en juwele geneem voor hy gevlug het.”

Verdagte vas na bejaarde aangeval is

Nkohli sê verder ‘n 72 uur aktiveringsplan is dadelik begin om na verdagtes te soek. Binne twee ure na die voorval is ‘n verdagte (48) in hegtenis geneem.

Die verdagte sal Maandag in die Kareedouw-landdroshof verskyn.

LEES OOK: KYK: ‘Ek het haar klaar vergewe,’ sê dokter na sy vrou glo kinders vermoor

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.