Netcare 911 het Dinsdagmiddag om ongeveer 12:09 reageer toe hulle ‘n oproep oor ‘n botsing ontvang het.
Shawn Herbst, woordvoerder vir Netcare 911, sê verslae dui daarop dat ‘n vragmotor en ‘n motorfiets gebots het.
Die motorfietsryer het ligte beserings opgedoen en die vragmotorbestuurder het nie seergekry nie.



