Debbie Conradie van Oe Dis Mooi in Bloemfontein deel met ons ‘n wenk om nuwe lewe te gee aan enige projek. “Dis sommer ‘n ou klein wenkie,” sê sy. “Maar mense moet besef hoe maklik dit is!”
Al ooit gedink om water transfers te gebuik?
Dit is ‘n maklike manier om ‘n tema of nuwe lewe aan enige projek te gee.
Jy kies jou produk waarop jy wil werk, kies jou water transfer waarmee jy wil werk. En dis so maklik soos dit. Daar is duidelike stap vir stap instruksies agterop die water transfers oor hoe om dit te gebruik.
Soos met die pienk beker in die middel van die foto is dit soms nodig om ‘n wit agtergrond te verf, vir die afstrykprent om ‘n bietjie duideliker te laat uitstaan, maar dit is nie altyd nodig nie.
Ek glo om wanneer die transfer op die produk mooi droog is, weer ‘n seëllagie oor te verf, om dit te beskerm en sodat jy dit met ‘n nat lappie kan skoonmaak.
Ek gebruik GripSeal om al my projekte te seël. Dit werk goed op enige produk, en los nie ‘n geel skynsel agter nie.
Vir ‘n groot verskeindenheid water transfers kontak asseblief vir Ellaine Nathan van Heavenly Handmade by 0798843683.
Vir enige navrae of hulp, stuur gerus ‘n e-pos na [email protected].



