IRAK. – ‘n Kok van die Midde-Ooste is dood toe hy gedurende voorbereidings vir ‘n troue in ‘n pot sop geval het.
Issa Ismail (25) was een van kokke wat voorbereidings vir ‘n ete by ‘n troue by Hazel Hall, een van die grootste trouvenues in Zakho, gedoen het.
Terwyl die kok besig was om kos te maak, het hy gegly en in ‘n reuse pot hoendersop geval. Dit is algemeen dat reuse potte sop voorberei word vir troues in dié gebied, aangesien 200 tot 600 gaste gewoonlik dié troues bywoon.
Kok dood aan brandwonde
Ismail het derdegraadse brandwonde aan 70% van sy liggaam opgedoen en het vyf dae later in die Dohuk-hospitaal aan sy wonde beswyk.
Familielede van Ismail het regstreeks op Rudaw, ‘n plaaslike televisiekanaaal, oor die voorval gepraat en gesê Ismail was die pa van twee dogters en ‘n seuntjie van ses maande oud.
“Hy het vir agt jaar as ‘n kok gewerk en het kos voorberei vir troues, begrafnisse en vir verskeie geleenthede.” – Arab news
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.
Lees ook: ‘n Wonderwerk ná 18 miskrame
Lees ook: Zuma sal ‘dieselfde’ behandel word as ander gevangenes
Lees ook: Só lyk die nuwe R5-muntstuk



