September 19, 2021

‘n Wonderwerk ná 18 miskrame

Ten spyte van al die hartseer sê Warneford sy sal dit alles weer doen.

'n Wonderwerk ná 18 miskrame (Foto: TODAY Parents)

'n Wonderwerk ná 18 miskrame (Foto: TODAY Parents)

‘n Ma van Seattle is uiteindelik met ‘n wonderwerk na 18 miskrame en 16 jaar se sukkel geseën toe sy aan ‘n gesonde babaseun geboorte gegee het.

Louise Warneford sê sy het geen foto’s van haar swangerskap nie, want na sy 18 miskrame gehad het, het sy elke keer aanvaar sy gaan haar baba verloor.

“Elke keer was ek platgeslaan. Al my hoop, al my drome. My hele wêreld sou inmekaartuimel. Dit het nooit makliker geraak nie.”

Uiteindelik, op die ouderdom van 48 jaar, het sy geboorte gegee aan haar seuntjie, William.

Die skrywer en haar man, Mark (59) het, soos vele kere vantevore, ‘n skenker-embrio gebruik.

“Toe hulle William in my arms sit, het dit gevoel of ek die Lotto gewen het. Ek was absoluut eufories,” vertel sy. “Al die dokters en verpleegsters was in trane omdat hulle my storie geken het.”

Sy sê sy wil hê ander moet haar storie hoor.

Warneford het verlede jaar ‘n boek, Baby Dreams, bekendgestel, met al die details van haar pad tot by ouerskap. Sy vertel dat sy op die punt was om op te gee toe sy met “natural killer”-selle gediagnoseer is.

“Die selle dink jy het kanker of ‘n virus en maak dan jou baba dood.”

Warneford sê die dokter het haar toe met ‘n kombinasie van steroïede, aspirin en bloedverdunners behandel het en sy kon uiteindelik in 2016 aan ‘n gesonde baba geboorte gee. Dit was die eerste keer dat sy verby die 14-week-merk in haar swangerskap gevorder het.

Volgens dr. Lora Shahine, direkteur by die Center for Recurrent Pregnancy Loss in Seattle, werk hierdie behandeling egter nie vir alle vroue nie.

Ten spyte van al die hartseer sê Warneford sy sal dit alles weer doen.

“William is perfek. Hy is my wonderwerkbaba.” – TODAY Parents

Lees ook: Storie van hoop: Swanger na jare se sukkel

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected]

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *