Ouers moet babas en peuters se toestemming vra om ’n doek te ruil. Verskeie ouerskap- en seksualiteitskenners sê dit is belangrik vir ouers om hulle babas vir toestemming te vra voordat hulle ’n vuil doek ruil.
LEES OOK: Twee Puk-studente sterf op pad huis toe
Ouers moet babas toestemming vra
Deanne Carson, seksualiteitskenners, sowel as Only About Children (OAC) leer ouers die belangrikheid van toestemming vra en probeer om ’n “kultuur van toestemming” te kweek.
OAC reken die proses om ’n kind se doek om te ruil, is belangriker as die skoon doek self. Dit gaan ook oor die proses, om goeie gevoelens tussen die ouer en kind te handhaaf terwyl die doek geruil word, oor die verhouding tussen ouer en kind.
Kultuur van toestemming
“Dit is belangrik vir kinders om hulle eie keuses te maak en ook te voel asof hulle besluite geldig is. Toestemming is van uiterste belang. ’n Kultuur van toestemming moet by geboorte begin.“
Om dit te doen, het Carson voorgestel dat ouers hul babas vrae vra soos: “Ek gaan nou jou luier ruil, is dit reg?”
Carson stel voor ‘n ouer kind word gevra of hy wil lê of staan vir ‘n doekruiling. So ‘n kind kan ook deel van die proses gemaak word deur te help deur byvoorbeeld sy eie broekdoek af te trek of sy nuwe doek aan te gee.
Reaksie maak saak
Wanneer sy na babas verwys, erken Carson dat hulle nie mondelings sal reageer nie, maar dat ouers eerder moet oogkontak maak en die baba se lyftaal dophou.
“Op hierdie manier laat jy jou baba voel dat sy/haar reaksie saak maak.”
‘n Ouer kind moet in ag geneem word deur byvoorbeeld nie sy spel te onderbreek vir ‘n doekruiling sonder sy “toestemming” nie.
Die vraag word aan ouers gevra: As jy ’n baba was, hoe sal jy jou doek geruil wil hê?
Wat dink jy hiervan? Vra jy jou baba toestemming voordat jy doeke ruil?
LEES OOK: Wonderwerk- IVB-baba sterf in fratsongeluk
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



