POTCHEFSTROOM. – Twee Puk-studente is die naweek in twee aparte ongelukke oorlede.
LEES OOK: Brande saai verwoesting op plase binne dae
Twee Puk-studente op pad huis toe
Johann Bishops Müller (20), ‘n tweedejaar student in forensiese rekenmeesterskap, is Saterdag op die N12 net buite Wolmaransstad oorlede nadat sy voertuig teen ’n vragmotor gebots het. Hy was op pad na sy ouerhuis op Ladysmith.
Vuyokaze Dlamini (19), ‘n eerstejaar- grondslagfase onderwysstudent, is in Gauteng in ’n aparte insident oorlede toe sy saam met ander passasiers in ’n ongeluk betrokke was.
Universiteit spreek medelye uit
Dr. Corrie Rheeder, direkteur van studentelewe aan die Noordwes-universiteit, Potchefstroom-kampus, het aan Potchefstroom Herald gesê dit was ’n besondere hartseer naweek vir die universiteit.
“Dit was ‘n besondere hartseer naweek vir die universiteit met die twee jong mense wat op so ‘n tragiese wyse dood is.”
LEES OOK: Wonderwerk- IVB-baba sterf in fratsongeluk
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



