Brande saai verwoesting op plase binne dae

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Brande rondom Kimberley het binne dae verwoesting op talle plase gesaai. Marrick Safari sowel as Piet Els se plase was maar twee wat in vuur gedompel was.

LEES OOK: Vuur brand buite beheer naby Christiana

Verwoesting op plase weens brande

’n Brand het ook gisteraand buite beheer op die Boshof-pad gewoed. ’n Verwoestende brand het ook twee dae gelede naby Christiana skade berokken.

Die brand op die Boshof-pad is gisteraand omstreeks 11:08 geblus terwyl dringende hulp by Marrick Safari omstreeks 11:30 op noodgroepe gevra is.

Vuur geblus

Hulp by Piet Els se plaas is ook vanoggend op noodgroepe gevra, maar die brand is omstreeks 06:00 onder bedwang gebring.

Brande het binne dae groot verwoesting op talle plase gesaai.

Kyk hier na die foto’s van die verskillende brande:

Brand op Piet Els se plaas.
Brand by Marrick Safari.
Brand by Marrick Safari.
Brand op die Samaria-pad.
Brand op Boshof-pad.

LEES OOK: Vuur buite beheer op Boshof-pad

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.