Zuma sal ‘dieselfde’ behandel word as ander gevangenes

Deel hierdie storie / Share this story

Oud-president Jacob Zuma is Dinsdag tot 15 maande tronkstraf gevonnis na hy skuldig bevind is aan minagting van die hof.

Alhoewel daar nog moet besluit word in watter tronk oud-president Jacob Zuma sy vonnis van 15 maande sal uitdien, sal hy geen voordele geniet of anders behandel word as ander gevangenes nie.

Hy sal ‘n tronkuniform dra, hy sal nie in die tronk ‘n selfoon mag hê nie, hy sal ook drie maaltye per dag ontvang en dieselfde kontantlose stelsel as ander gevangenes gebruik.

Singabakho Nxumalo, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, het Dinsdag gesê sodra Zuma hom aan die polisie oorhandig het, kan die evalueringsproses begin om vas te stel in watter tronk hy sy vonnis sal uitdien.

Dié evalueringsproses is iets waardeur elke gevonnisde gevangene moet gaan om te kyk na gesondheidsfaktore en die tipe oortreding wat ‘n rol sal speel in die keuse van tronk vir die gevangene.

Zuma sal volgens Nxumalo dieselfde bed, wasbak, toilet, uniform en ander noodsaaklikhede soos toiletpapier as ander gevangenes ontvang.

Nxumalo sê dis nog te vroeg om te raai presies hoe lank Zuma in die tronk sal wees. Gevangenes in Suid-Afrika moet minstens die helfte van hulle vonnis uitdien voor hul vir parool kan aansoek doen, maar omdat Zuma se vonnis so kort is, mag dit dalk anders wees. – Netwerk24

Minister Bheki Cele het Dinsdag gesê die polisie sal oud-pres. Jacob Zuma in hegtenis neem, sou hy homself nie aan die polisie oorhandig nie. Lees meer hier.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.