‘Zuma sal gehaal word as hy nie opdaag,’ sê Cele

Deel hierdie storie / Share this story

Jacob Zuma is Dinsdag in die konstitusionele hof tot 15 maande tronkstraf gevonnis vir minagting van die hof.

Minister Bheki Cele het Dinsdag gesê die polisie sal oud-pres. Jacob Zuma in hegtenis neem, sou hy homself nie aan die polisie oorhandig nie.

Intussen het Dudu Zuma-Sambudla, Jacob Zuma se dogter, gesê haar pa is “sonder vrees” na hy skuldig bevind is. Sy sê hy sal homself by die Nkandla-polisiestasie gaan oorgee.

Na die hof Zuma gevonnis het, het sy haarself na Twitter gewend om haar ondersteuning vir haar pa openbaar te maak.

“Amandla! Ek het sopas met my pa (Zuma) gepraat en hy is in ‘high spirits’ en het geen vrees nie. Ons kan tussen Johannesburg of Nkandla kies om die vonnis uit te dien. Natuurlik het ons naby aan die huis gekies. Inperking of geen inperking, ons sal saam met jou gaan.”

Zuma het vyf dae om homself by die Johannesburg- of Nkandla-polisiestasie aan te meld. Indien hy dit nié doen nie, sal hy binne drie dae in hegtenis geneem word.

Lees ook: Zuma-vonnis ‘n ‘oorwinning’ vir grondwetlike demokrasie

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.