Jacob Zuma-vonnis ‘n ‘oorwinning’ vir grondwetlike demokrasie

Deel hierdie storie / Share this story

Jacob Zuma-vonnis ‘n “oorwinning”

“Vandag se uitspraak van die Grondwethof waarin oud-president Jacob Zuma tot onder meer 15 maande direkte gevangenisstraf gevonnis is vir minagting van die hof, is ’n oorwinning vir die grondwetlike demokrasie in Suid-Afrika.”

So sê dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier.

Die VF Plus verwelkom die uitspraak van die Grondwethof en stem daarmee saam.

“Die wiele van geregtigheid draai stadig en soms te stadig, maar die uitspraak stuur wel die boodskap dat geregtigheid eindelik tog seëvier.”

Waarnemende adjunk-hoofregter Sisi Khampepe het gelas dat Zuma homself binne vyf dae vrywillig moet aanmeld vir die aanvang van sy straf. Indien hy in gebreke bly om dit te doen, moet hy binne drie dae in hegtenis geneem word.

“Die wêreld sal daarvan kennis neem dat Suid-Afrika se regbank en grondwetlike demokrasie steeds sterk staan en dit is ’n positiewe verwikkeling.”

“Die vonnis stuur ‘n sterk boodskap dat Zuma, en almal in Suid-Afrika moet besef dat hulle nie bo die reg verhewe is nie en die reg moet respekteer.

“Dit stuur ook ’n sterk boodskap aan almal wat gedagvaar word om voor die Zondo-kommissie te getuig, dat die gevolge van hul weiering om te getuig, ernstig sal wees.

“Zuma moet hom nou onderwerp aan die uitspraak en hom vreedsaam gaan aanmeld om sy straf uit te dien.”

Zuma het in die afgelope jaar by herhaling gesê hy is bereid om eerder tronk toe te gaan as om voor Zondo te getuig en hy moet dit nou doen.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Lees ook: Só maak jy om te registreer vir jou inenting