Jong Grieke kry geld en data as hulle ingeënt word

Deel hierdie storie / Share this story

GRIEKELAND. – As deel van Griekeland se stryd teen Covid-19 gee hulle jong Grieke ‘n kontantkaart van 150 euro (R2 558) en ‘n maand se gratis data vir hulle selfoon wanneer hulle ingeënt word.

Premier Kyriakos Mitsotakis het in ‘n vergadering gesê die jongmense sal hule kontantkaart ontvang sodra hulle die eerste toediening van die entstof ontvang het. Die land beoog om ongeveer 940 000 Grieke tussen 18-25 jaar oud teen die einde van die jaar in te ent.

Jong Grieke kan geld op enigiets spandeer

Die kontantkaart kan vir enigiets van ‘n vankansie tot kulturele vertonings gebruik word.

Griekeland het sedert die begin van die pandemie altesaam 421 266 poitiewe gevalle en 12 682 verwante sterftes aangemeld. Die land het verlede week die verpligte dra van maskers in die buitelug beëindig. Grieke wat volledig ingeënt is, kan vanaf Maandag ook werk of gimnasium toe gaan sonder om hulself te laat toets.

LEES OOK: Limpopo-vrou maak glo pasgebore baba in openbare toilet dood

LEES OOK: Foto van hartseer restaurantbestuurder op sosiale media gedeel

Hou FiND iT dop vir die nuutste nuus.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.