Foto van hartseer restaurantbestuurder op sosiale media gedeel

Deel hierdie storie / Share this story

WES-KAAP. – Die foto van ‘n restaurantbestuurder wat moedeloos kop onderstebo staan nadat die president aangekondig het restaurante mag slegs wegneemetes bedien, word oral op Facebook gedeel.

Die man op die foto is die bestuurder van Fat Cactus, ‘n restaurant in Kaapstad. Die foto is deur Kaylee Bush geneem. Volgens The Good Things Guy is die foto Sondagaand 20:20 geneem na die president die nuwe regulasies bekendgemaak het. Die foto het vele Suid-Afrikaners se harte geraak.

Mense word nou vir 14 dae verbied om by restaurante te gaan sit en gesellig te verkeer. Hulle word egter op sosiale media aangemoedig om steeds restaurante te ondersteun deur wegneemetes te bestel.

Sien hier ‘n inskrywing met die foto van die restaurantbestuurder:

LEES OOK: Een dood na ongeluk vanoggend in McDougalstraat

LEES OOK: Ongeluk op R31 – twee dood toe bakkie onder vragmotor beland

Hou FiND iT dop vir die nuutste nuus.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.