Kinderinstituut wil kindertoelaag met R10 verhoog hê

Deel hierdie storie / Share this story

Die Universiteit van Kaapstad se kinderinstituut wil die kindertoelaag verhoog hê. Die kinderinstituut wil hê die kindertoelaag moet in Oktober 2021 met R10 verhoog word om kinders teen wanvoeding te beskerm. Dit sal ook glo help met die hoë kospryse van 2021.

LEES OOK: Verlate plekke: Duncanville- openbare swembad

Kinderinstituut sê dit sal help met kospryse

Die instituut meen die verhoging sal help met die hoë kospryse.

Katharine Hall, van die instituut, het aan Son gesê die toelaag koop minder items in 2021 as wat dit in 2020 kon koop.

“Die kinderondersteuningstoelaag is te klein om die koste van die minimum basiese kos vir ’n kind te dek.”

Kindertoelaag nou R460

Die kindertoelae wat die minste van al die toelae is, is tans R460. Dit nadat dit in April vanjaar vanaf R450 opgestoot is.

Sy het voortgegaan om te sê hoewel ’n verhoging van R10 nie genoeg is nie, sal dit dadelik haalbaar wees en is dit noodsaaklik om kinders te beskerm.

“Daar is ondersteuning dat die toelae ten minste in lyn moet wees met die nasionale voedselarmoede-grens wat R585 in 2020 was. Selfs dit moes vanjaar tot R600 verhoog word,” sê Hall.

LEES OOK: Duisende lesers deur Covid-19 geraak

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.