Duisende FiND iT-lesers en hulle familie of vriende is hard deur die koronavirus geraak. FiND iT het ons lesers gevra of hulle iemand ken wat aan Covid-19 oorlede is. Binne slegs ’n uur het meer as 400 mense geantwoord.
Die meeste mense het al iemand aan die dood afgestaan. Amper almal ken iemand wat aan die virus dood is en die minderheid het gesê hulle is nie deur die virus geraak nie.
LEES OOK: Kenners sê ouers moet babas se toestemming vra om doeke te ruil
Lesers gesels oor Covid
Christelle Jordaan sê: “Ek het nog geen familielid aan Covid verloor nie en niemand in my gesin het al Covid gehad nie.”
Diaana Loots sê: “Ja, familie en vriende wat positief en baie siek is op die oomblik. Vanoggend iemand verloor en ’n week terug ook.”
Reinet Muller sê: “Suster se seun Saterdag oorlede. Vriendin op ventilator na sy inenting ontvang, nog drie familielede oorlede.”
Nico Broodryk sê: “Ja, ek ken ’n hele paar. Met elke liewe vlaag sover is daar mense wat ek ken wat oorlede is. Maar ek moet sê, ek weet van meer mense wat met hierdie derde vlaag dood is as met die vorige twee.”
Caroline van Coller sê: “Ek het my man verloor vandag agt maande terug. Is hartseer elke dag, verlang na hom elke dag.”
LEES OOK: Polisie soek hulp om vermiste tiener op te spoor
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



