Polisie soek hulp om vermiste tiener op te spoor

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Die polisie in Kimberley soek die gemeenskap se hulp om ’n vermiste tiener, Nqabisa Hope Nzilili (16), van Lerato Park op te spoor.

LEES OOK: Kenners sê ouers moet babas se toestemming vra om doeke te ruil

Vermiste tiener laas by plek van veiligheid gesien

Kapt. Tessa Jansen, polisiewoordvoerder, sê Nzilili is laas op 18 Junie 202 deur ’n versorger by ’n plek van veiligheid, waar sy geplaas is, gesien.

Ten tyde van haar verdwyning het sy ‘n geel hemp en ‘n blou denim sonder skoene aangehad.

Enigiemand met inligting oor waar Nzilili haar bevind, kan die ondersoekbeampte a.o. Mothibi by 063 281 0623 kontak.

Geen tydperk om vermistes aan te meld

Daar is geen tydperk wat moet verloop voordat jy n vermiste persoon kan aanmeld nie. As jy onraad vermoed, meld dit dadelik by jou naaste polisiestasie aan.

LEES OOK: Twee Puk-studente sterf op pad huis toe

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.