Niemand in hegtenis na jongste plaasaanval wat boer se lewe eis

Deel hierdie storie / Share this story

THORNVLEI. – Die polisie het nog niemand in hegtenis geneem nadat Darryl Richter (34) Saterdagaand op ‘n plaas tydens patrollie aangeval en aan sy beserings beswyk het nie.

FiNDiT het vroeër berig Richter het ‘n verdagte voertuig opgemerk en dadeik die boere in die omgewing in kennis gestel. Met hul aankoms het hulle die betrokke boer met steekwonde in sy bolyf aangetref. Die boer het na bewering nog geleef en kon inligting oor die voorval gee, maar hy het later op die toneel aan sy beserings beswyk.

Niemand in hegtenis geneem na Saterdag

Alhoewel twee van die drie vermeende plaasaanvallers in ‘n oop veld met skietwonde nie ver van die misdaadtoneel gevind is nie, is die polisie steeds op soek na die derde verdagte.

Enigiemand met inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming van die oorblywende verdagte word versoek om kontak te maak met die ondersoekbeampte sers. Kwenene by Mobiel 079 408 9104 of die Crime Stop Number 08600 10111 te skakel.

VF Plus praat oor plaasmoord

Die VF Plus het ook kommentaar op die jongste voorval gelewer.

“Plaasaanvalle soos hierdie moet voor die deur van die ANC-regering gelê word, aangesien dié soort misdaad tot ʼn groot mate beperk kan word indien spesialis-eenhede teen plaasaanvalle op die been gebring word. Hierdie aanval kom slegs 29 dae na die aanval en moord op die 79-jarige boer, John Viedge, in die nabygeleë Nqanqarhu-gebied (voorheen Maclear).

“Die VF Plus doen ‘n beroep op die polisie om sy landelike veiligheidstrategie in werking te stel en sy pogings te verskerp om plaasaanvalle te voorkom. Die VF Plus dring lank reeds daarop aan dat spesialis-eenhede gestig en ondersteun word om na die veiligheid van boere om te sien,” sê Piet Mey, VF Plus-LP en provinsiale leier van die Oos-Kaap.

LEES OOK: Vermoorde boer (34) se naam bekend

EES OOK: Plaasaanval gisteraand, boer (34) dood

Hou FiND iT vir meer inligting.