Plaasaanval gisteraand, boer (34) dood

Drie verdagtes het glo die boer met messe aangeval.

Plaasaanval gisteraand, boer (34) dood

Plaasaanval gisteraand, boer (34) dood Foto: ENCA

THORNVLEI – ‘n Boer (34) is gisteraand met verskeie steekwonde aan sy bolyf gevind nadat hy patrollie naby die Thornvlei-pad, Oos-Loden, gedoen het.

Emercency Security Response Unit and Farm Watch sê daar word beweer die boer was besig met patrollie toe hy ‘n verdagte voertuig opmerk het. Hy het die boere in die omgewing in kennis gestel. Met hul aankoms het hulle die betrokke boer met steekwonde in sy bolyf aangetref. Die boer het na bewering nog geleef en kon inligting oor die voorval gee, maar hy het later op die toneel aan sy beserings beswyk.

Drie verdagtes het glo die boer met messe aangeval. Twee van die drie verdagtes is in hul 20’s en is na bewering in ‘n oop veld met skietwonde nie ver van die misdaadtoneel gevind.

Die motief vir die voorval is tans onbekend. ‘n Moordsaak en twee doodsondersoeke word ondersoek. ‘n Derde verdagte is nog nie in hegtenis geneem nie.

FiND iT het navraag by die polisie ingesit en wag op terugvoer.

Hou FiND iT vir meer inligting.

Skrywer:

Leave a Reply

Your email address will not be published.