12-jarige van moord aangekla na beweerde stryery oor dobbelspeletjie

Deel hierdie storie / Share this story

VRYSTAAT. – ‘n 12-jarige word van moord aangekla nadat hy glo sy maat (15) tydens ‘n woordewisseling toe hulle ‘n dobbelspeletjie gespeel het, doodgesteek het.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê die graad 6-leerling en graad 9-leerling het in ’n straat in Odendaalsrus, Kutlwanong, ‘n dobbelspeletjie gespeel.

Volgens Makhele word daar beweer die twee seuns het glo in ‘n woordewisseling betrokke geraak waarna die 12-jarige huis toe is. Hy het later teruggekeer, ‘n mes uitgehaal en glo die 15-jarige gesteek.

“Die 15-jarige is op die toneel dood.”

Die verdagte is in hegtenis geneem en is later onder toesig van sy voog vrygelaat. Hy moet Maandag in die Odendaalsrus-landdroshof verskyn.

LEES OOK: Plaasaanval gisteraand, boer (34) dood

Hou FiND iT vir meer inligting.