Sekuriteitswag helder oordag in Knysna doodgeskiet

“Daar is nog geen arrestasies gemaak nie.”

Sekuriteitswag helder oordag in Knysna geskiet

Sekuriteitswag helder oordag in Knysna geskiet Foto: showme.co.za

KNYSNA. – ‘n Sekuriteitswag is Saterdagoggend om 09:45 in die middedorp van Knysna doodgeskiet.

Kol. Brenda Muridili, polisiewoordvoerder, sê die voorval het plaasgevind toe twee veiligheidswagte kontant by ‘n supermark by die Woodmill Lane-winkelsentrum gaan haal het.

Volgens Muridili dui inligting daarop dat die een sekuriteitswag, die bestuurder van die voertuig, in die motor was toe die ander sekuriteitswag terugkom.

“Hy het ‘n geluid gehoor en toe hy ondersoek gaan instel, het hy twee mans opgemerk wat met die kontant gevlug het. Hy het teruggekeer na die voertuig en die bestuurder dood gevind.”

Muridili het bygevoeg dat die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoek (DPCI), Valke en kundiges die misdaadtoneel vir bewyse gefynkam het.

“Daar is nog geen arrestasies gemaak nie en ons doen ‘n beroep op enigiemand met inligting om die Stop Misdaad- nommer 086 00 10111 te skakel.”

Volgens Muridili is daar ook nog geen aanduiding met watter voertuig, of in watter rigting die verdagtes gevlug het nie.

LEES OOK: Baba se gesig tydens noodkeiser oopgesny, familie wil regstappe neem

LEES OOK: Selfdood – ‘Alles sal oraait wees, Mamma’ sê seun (13)

Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.

Skrywer:

Leave a Reply

Your email address will not be published.