COLORADO. – Die oomblik toe die pasgebore baba, Kyanni Williams, die eerste lewenslig aanskou, was oomblikke van opgewondenheid, maar terselfdertyd vrees en hartseer. Die babadogtertjie moes direk na haar geboorte ‘n plastiese chirurg sien om 13 steke in haar gesig te kry.
Die ma, wat aanvanklik besluit het om normaal te kraam, moes ‘n noodkeiser ondergaan nadat die dokter nie die baba se hartklop tydens geboorte kon optel nie. Die pa van Kyanni Williams vertel die dokter het dadelik besluit om ‘n keisersnee te doen.
Familie wil regstappe neem nadat baba se gesig gesny is
Hy vertel toe hulle babadogtertjie uiteindelik gebore is, het sy ‘n vreeslike sny in haar gesig gehad. Sy moes oor die dosyn steke kry. “Ek het probeer verstaan hoe dit gebeur het, maar haar gesig was gesny en ‘n plastiese chirurg moes dit doen. Daar is net baie dinge wat ek nie verstaan nie,” het Reazjhana, die ma aan KDVR (plaaslike media) gesê.
Die dokter het aan die familie gesê die baba se gesig was naby aan die plasentawand. Die familie voeg by hulle het nog nooit van ‘n soortgelyke geval gehoor nie.
Die gesin het intussen ‘n GoFundMe-bladsy gestig om geld in te samel om ‘n advokaat aan te stel en hul regsopsies te ondersoek. Die familie voel die mediese personeel moet verantwoordelikheid dra.
LEES OOK: Selfdood – ‘Alles sal oraait wees, Mamma’ sê seun (13)
LEES OOK: Medelye stroom in na man lewe tydens ‘padwoede-voorval’ verloor
Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.



