Witsjokolade-karamelfudge

Deel hierdie storie / Share this story

Romerige witsjokolade-fudge gevul met pekanneute en karamel is die beste bederf!

LEES OOK: Britney Spears pleit om voogdyskap te eindig

Bestanddele:

  • 3 koppies wit sjokoladeskyfies
  • 1 blikkie kondensmelk
  • 4 eetlepels botter
  • ½ teelepel vanielje-essens
  •  1 koppie gekapte pekanneute
  • ½ koppie karamelsous by kamertemperatuur

LEES OOK: Stres kan jou siek maak

Metode:

  • Meng die sjokoladeskyfies, die kondensmelk en die botter in ’n mediumgrootte glasbak en verhit dit in die mikrogolfoond vir 90 sekondes.
  • Roer om te meng en verhit nog 15 sekondes. Roer en verhit nog 15 sekondes, indien nodig. Die laaste sjokoladestukkies sal smelt sodra jy dit goed roer.
  • Roer tot glad.
  • Voeg die vanielje en pekanneute by en roer om te meng.
  • Gooi die mengsel op ’n bakplaat uit wat met bakpapier uitgevoer is en gebruik ’n spatel om dit te gelyk te maak.
  • Gooi die karamelsous bo-oor en gebruik ’n vurk om patrone te trek.
  • Verkoel dit in die yskas tot ferm en sny dan in blokkies.
  • Geniet.

Oorspronklike resep deur Barefeet in the kitchen.