Soms is ’n bietjie stres ’n goeie ding. Dit kan jou waarsku wanneer jy in gevaar is, wanneer iets dringend is, jou familie jou nodig het, ensovoorts. Geweldige stres is egter nie normaal nie en kan jou fisies siek maak.
Alhoewel die simptome van erge stres van persoon to persoon kan verskil, kyk ons hier na die mees algemene simptome van stres.
LEES OOK: Só lyk die senuweestelsel na jou tande
Emosionele simptome:
- Word maklik gefrustreerd en humeurig;
- Voel oorweldig, asof jy beheer verloor of beheer moet neem;
- Sukkel om te ontspan en stil te raak;
- Voel sleg oor jouself (lae selfbeeld), eensaam, waardeloos en depressief;
- Vermy ander mense.
Fisiese simptome:
- Geen energie;
- Hoofpyn;
- Omgekrapte maag, insluitend diarree, hardlywigheid en naarheid;
- Pyne en gespanne spiere;
- Borspyn en vinnige hartklop;
- Slapeloosheid;
- Gereelde verkoue en infeksies;
- Verlies van seksuele begeerte en/ of vermoë;
- Senuweeagtigheid, “gelui” in die oor, koue of sweterige hande en voete;
- Droë mond en sukkel om te sluk;
- Geklemde kakebeen en tande kners.
Kognitiewe simptome:
- Voortdurende kommer;
- Gedagtes wat dwaal;
- Vergeetagtigheid en disorganisasie;
- Onvermoë om te fokus;
- Swak oordeel;
- Om pessimisties te wees of net die negatiewe kant te sien.
Gedragsimptome:
- Veranderinge in eetlus – óf te veel eet óf nie genoeg eet nie;
- Traagheid en vermy verantwoordelikhede;
- Verhoogde gebruik van alkohol, dwelms of sigarette;
- Vertoon meer senuweeagtige gedrag, soos om jou naels te byt, vroetel en op-en-af loop.
Indien jy of ’n geliefde gebukkend gaan onder die druk van stres, praat met jou huisdokter. Jou dokter sal enige ander siektes kan uitskakel en jou ook na goeie hulp kan verwys



