Die donker geskiedenis agter kleuterrympies

Deel hierdie storie / Share this story

Ons almal het dit gesing, somtyds sing ons dit steeds. Maar weet ons regtig wat is die oorsprong van dié rympies wat van geslag na geslag oorgedra word?

Mackenzie Barmen, aktrise, stemkunstenaar, filmmaker en-vervaardiger, woonagtig in New York, het  gaan navorsing doen oor die oorsprong van hierdie kleuterrympies wat so maklik in ‘n mens se kop vashaak.

Ring-a-ring-a-rosies

Hierdie rympie roep ‘n prentjie van dogtertjies met vlegsels en hoepelrokkies, al dansende in ‘n kring, op, maar sy oorsprong is nie so rooskleurig nie.

Hierdie rympie se oorsprong kan teruggevoer word na die Swart Dood van die 1790’s.

Twee spesifieke dele van die liedjie verwys direk daarna.

“Pocket full of posies” verwys na die geurige ruikertjies blomme wat deur mense gedra is, wat moes help om hulle teen die builepesplaag te beskerm. “Ashes ashes, we all fall down” verwys na die baie lewens wat die hierdie pes geëis het en die daaropvolgende verassing van die slagoffers.

Ons almal en ons kinders en heel waarskynlik hulle kinders se kinders sal grootword met hierdie kleuterrympies, min wetend wat die regte betekenis daarvan is.

Vir meer oor die oorsprong van hierdie rympies volg gerus die skakel en kyk na die video waarin Mackenzie Barmen meer uitbrei.

https://www.facebook.com/uniladmag/videos/869077686978345/