Probeer gerus hierdie lekker, bekende Oros-yskastert.
Bestanddele:
- 1 blikkie Ideal-melk
- 1 koppie strooisuiker
- 2 koppies Oros
- 1 pakkie lemoenjellie
- 250 mℓ room
- 1 pakkie Tennis-beskuitjies
- 2 eetlepels gesmelte botter
LEES OOK: Grondboontjiebotterballetjies met Rice Krispies
Metode:
- Maak die Tennis-beskuitjies fyn en meng dit met die gesmelte botter.
- Druk dit in die onderkant van ’n tertbak vas om ’n kors te vorm.
- Verkoel die Ideal-melk in die vrieskas vir ’n uur.
- Maak die lemoenjellie met kookwater aan of volgens die instruksies op die pakkie.
- Klits die Oros saam met die yskoue Ideal-melk.
- Voeg die strooisuiker en jellie by en klits tot glad.
- Klits dan die room apart tot styf.
- Meng dan die room saam met die Oros-mengsel.
- Skep die mengsel bo-op die kors en plaas dit in die yskas vir ’n halfuur.
- Geniet.
LEES OOK: Robotika, die toekoms?



