Modderrivier-man verdwyn nadat hy afgelaai is

Deel hierdie storie / Share this story

MODDERRIVIER. – Reginald Kagisho Jonson (28), van Modderrivier, is laas op 18 Junie 2021 gesien toe hy in Bloemfontein afgelaai is.

Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê Jonson is donker van kleur en is laas met ‘n swart Adidas-hoodie en blou jeans met grys tekkies gesien. “Hy is op 18 Junie 2021 êrens in die Bloemfontein-omgewing afgelaai en daar is nooit weer van hom gehoor nie.

Enigiemand met inligting oor waar Reginald is, word versoek om Moleme Modderrivier Speurders by 082 495 4522 te skakel.

LEES OOK: Familie steeds op soek na Shane Jordaan

Hou FiND iT dop vir die nuutste nuus.