MIDRAND. – Die inskrywing waarin ‘n vrou mense waarsku teen ‘n kaal, bebloede man wat op die N1 rondgehardloop en ‘n duik in haar motor geslaan het, het verskeie kommentare op Facebook uitgelok.
Michelle Botha het op haar Facebook-blad ‘n inskrywing en foto geplaas om mense te waarsku oor die kaal, bebloede man wat die week in spitsverkeer in Midrand te sien was. Volgens die inskrywing het hy op hulle motor afgepyl en met sy vuiste duike in hulle motor geslaan.
“So dít het vanmiddag met ons gebeur! Op die N1 Noord in spitsverkeer kom die een met bloed op sy gesig en arms in sy geboortepakkie op ons afgepyl en slaan vier duike in ons splinternuwe kar se enjinkap. Daarna gooi hy homself neer voor die kar sodat dit lyk of hy raakgery is!,” lui die inskrywing.
Botha waarsku mense om op die uitkyk vir sulke mense te wees en hulself voor te berei oor wat hulle in so ‘n situasie sal maak. Die kommentaar op die inskrywing wissel van mense wat al ‘n soortgelyke ervaring beleef het en ander wat beweer die man is later deur ‘n vragmotor raakgery.
“Wees versigtig, het al met ons ook gebeur. Toe ons stop, toe vlieg daar nog uit die bosse uit en probeer ons beroof,” waarsku een vrou in die kommentaarstroom.
LEES OOK: Covid-19: Gebraaide lemoen om smaak terug te kry?
LEES OOK: Familie steeds op soek na Shane Jordaan
Hou FiND iT dop vir die nuutste nuus.



