Covid-19: Gebraaide lemoen om smaak terug te kry?

Deel hierdie storie / Share this story

Jou smaak en reuk wat verdwyn, is een van die bekendste en algemeenste simptome van Covid-19. Baie wat die virus onderlede gehad het, kla oor die feit dat hulle nogsteeds niks kan proe of ruik nie, alhoewel hulle reeds herstel het.

Die raad wat nou sy verskyning op sosiale media maak, beweer jy moet ‘n lemoen braai en eet.

Daar word gesê jy moet die lemoen met skil aan met ‘n braaitang vashou en oor ‘n gasvlam braai tot pikswart. Daar word beweer wanneer jy die lemoen dan oopsny, moet jy die vrug uiteet en jy sal weer kan proe.

Baie getuig hierdie raad het vir hulle gewerk terwyl ander nie sukses gehad het nie. Het jy al dié probeer? Watter ander raad het jy al ontvang om jou reuk en smaak terug te kry na Covid-19?

LEES OOK: Familie steeds op soek na Shane Jordaan

Hou FiND iT dop vir die nuutste nuus.