Hoe gee ek my drome vlerke?

Deel hierdie storie / Share this story

Die tyd het aangebreek om op te hou droom en te begin doen! Maar waar begin jy? Om jou drome ’n werklikheid te maak, moet jy die eerste stap neem. 

Hier is ’n paar stappe wat jy kan volg om jou die nodige hupstoot te gee om daardie eerste moeilike tree te gee.

LEES OOK: Witsjokolade-karamelfudge

Moenie wag vir die perfekte omstandighede nie

Dan gaan jy ’n ewigheid wag, want ons as mense is ontevrede gebore! Geleenthede word maklik gemis terwyl mense vir die perfekte omstandighede wag. 

Wees spesifiek wanneer jy ’n doelwit formuleer

Algemene doelwitte laat jou faal en stagneer. Wees spesifiek met wat jy wil hê en wat jy gaan doen om jou droom te ‘n werklikheid te maak.

Praat minder en begin dinge anders doen

Maak jou doelwitte duidelik, konkreet, realisties en doenbaar. Jou doelwit moet ook duidelik aandui wat jy van nou af anders moet doen. Fokus eerder op dinge wat binne bereik is.

Elke mens het ’n unieke doel op aarde

Dit is nie so moeilik om vas te stel wat jou doel op aarde is nie. Dit wat jou hart die meeste en hardste laat sing, is ’n baie goeie aanduiding van wat jy moet doen.

Mislukking is nodig om jou drome te realiseer

Om ’n fout te maak, is geen rede om tou op te gooi nie. Leer daaruit en beweeg aan. Onthou, ’n amateur het die ark gebou en geleerdes en tegnici die Titanic. Mislukkings help ons, gee ons koers en laat ons groei.

Die geskiedenisboeke is vol van mense wat misluk het en uiteindelik ’n groot deurbraak gemaak het. 

Dis nooit te laat om te begin nie, maar begin nou!

LEES OOK: Vergadering oor strenger maatreëls vind die naweek plaas