Selfdood – ‘Alles sal oraait wees, Mamma’ sê seun (13)

Deel hierdie storie / Share this story

PERTH. – “Alles sal oraait wees, Mamma.” Dit was Ante Sutalo (13) se woorde toe hy sy ma ‘n drukkie gegee het voordat hy selfdood gepleeg het.

Die Australiese ma, Lora Sutalo, kan nou nog nie glo haar “gelukkige en snaakse” seun het sy eie lewe in die gesinshuis se badkamer geneem nie. Alhoewel daar dadelik met hom na ‘n hospitaal gejaag is en hy aan lewensondersteunende masjiene gekoppel is, is hy oorlede.

Lora vertel haar seun het Maandag na skool heeltemal anders as gewoonlik opgetree. Sy het opgemerk iets was nie reg nie. Veral toe Ante, ‘n groot sportliefhebber, haar gesmeek het om tydens ‘n skoolsportkarnaval by die huis te bly.

Seun wat selfdood pleeg, het baie vriende

Die Dinsdag het Ante na haar gekom, haar gedruk en aan haar gesê alles sal “oraait” wees. ‘n Rukkie daarna is hy in die badkamer gevind. Lora het later ontdek Ante is die dag voor sy dood op skool geboelie. Sy glo dit het moontlik tot sy optrede bygedra.

Lora kan nou nog nie glo haar seun was geboelie nie. Volgens haar het hy baie vriende gemaak en was altyd baie positief.

“Ek het nie gedink dat hy geboelie word nie, omdat hy so vol lewe was en so selfversekerd en positief gelyk het en net soveel vriende gehad het,” het Lora in ‘n onderhoud met news.com.au gesê.

LEES OOK: Medelye stroom in na man lewe tydens ‘padwoede-voorval’ verloor

LEES OOK: Shane Jordaan al meer as twee weke vermis

Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.