GAUTENG. – Die familie van Shane Jordaan (30), wat verstandelik gestrem is, is rasend van bekommernis en steeds op soek na hom nadat hy laas op 4 Junie gesien is.
Jordaan se suster, Christan Jordaan, het intussen ‘n Facebook-groep begin, sodat foto’s van sy broer en plakkate wyd op sosiale media kan versprei word. FiNDiT het vroeër berig Jordaan gebruik medikasie en sy familie en vriende vrees vir sy veiligheid en gesondheid.
Selfs die gemeenskap van Cullinan het al in groepe bymekaargekom in ‘n poging om hom op te spoor. Jordaan bly op Elandshoek en daar word vermoed hy het die plek waar hy woon, te voet verlaat.
LEES OOK: Gemeenskap steeds op soek na Shane Jordaan
Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



