Ouers in China mag nou drie kinders kry

Deel hierdie storie / Share this story

CHINA. – Sedert verlede maand mag ouers in China nou drie kinders in plaas van net twee kry.

China het aangekondig dat ouerpare tot drie kinders toegelaat sal word, nadat sensusdata ’n sterk afname in geboortesyfers getoon het.

Volgens BBC het China sy eenkindbeleid na dekades in 2016 geskrap en met ’n limiet van twee kinders vervang. Dit het egter nie tot ’n volgehoue toename in geboortes gelei nie.  

LEES OOK: Tiener uit eie skoorsteen gered

Meer jongmense

Die koste van die grootmaak van kinders in stede skrik baie Chinese paartjies af.

China hoop nou egter dat die nuwe vergunning paartjies sal aanhits om meer as net een kind te kry en sodoende ’n nuwe generasie van jongmense te skep.

LEES OOK: Hoekom skinder jy?