NEVADA. – ’n Tiener (18) moes deur nooddienste uit haar eie huis se skoorsteen gered word nadat sy glo haarself uitgesluit het.
Die brandweer is Dinsdagoggend deur ’n buurman gebel wat gesê het die tiener sit in haar huis se skoorsteen vas.
Die meisie, wat anoniem wil bly, het haarself per ongeluk by haar huis uitgesluit en het besluit om sommer deur die skoorsteen te klim, toe sy vassit.
Na 30 minute se gespook is die tiener deur middel van ’n tou-harnas deur die brandweer en nooddienste bevry.
Lees meer nuus hier.




