Bekendes sê: ‘Gelukkige Vadersdag’

Deel hierdie storie / Share this story

Bekendes soos Francois van Coke en Brendan Pyper het Sondag, Vadersdag, hulle pa’s op sosiale media gewys en dankbaarheid teenoor hulle uitgespreek. Dis nie elke dag dat sangers en akteurs ‘n bietjie van hulle persoonlike lewe met ons deel nie.

“Gelukkige Vadersdag. Jy was ‘n beter pa vir my, as wat ek ‘n seun vir jou was. Daar is so baie van jou wat ek in myself sien. Ek is so dankbaar. Mis pa,” skryf Bouwer Bosch, die bekende sanger en akteur.

Foto: Inskrywing op Bouwer Bosch se Instagram (Skermgreep).

Die die eerste en laaste ou wat ek bel wanneer ek nie weet watter kant toe nie. Dankie Dad vir die great voorbeeld wat jy vir ons stel en die goeie pa wat jy vir ons is en en nog altyd was,” skryf Brendan Pyper, bekende sanger.

Foto: Inskrywing op Brendan Peyper se Instagram (Skermgreep).

Francois van Coke het ook ‘n foto geplaas saam met sy twee kinders. Hy wens al die ander pa’s ‘n gelukkige Vadersdag toe.

Foto: Inskrywing op Francois van Coke se Facebook (Skermgreep).

LEES OOK: Hond glo met handgemaakte swaard gesteek

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.