WES-KAAP. – ‘n Hond, Scubie, is na bewering in die Strand met ‘n handgemaakte swaard gesteek omdat die hond “te raserig” was.
WAARSKUWING: Detail in die berig mag dalk sensitiewe lesers ontstel.
Kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, sê die eienaar van die hond en die verdagte (27) het glo in ‘n woordewisseling betrokke geraak waarna elkeen na sy eie huis toe is. Na ‘n geruime tyd het die eienaar sy hond hoor huil.
“Die eienaar van die hond het die hond op die grond met ‘n steekwond gevind.”
Man wat hond glo gesteek het, sal in hof verskyn
Die verdagte is in hegtenis geneem en sal na verwagting binnekort in die hof verskyn. Volgens Van Wyk het die verdagte ook ‘n saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer teen die eienaar van die hond gemaak. Van Wyk sê die verdagte beweer hy is die betrokke aand deur die eienaar van die hond aangerand.
Scubie is na ‘n kliniek geneem waar hy dood is.
“Die lem van 1 m is in die vleis onder Scubie se tong gedruk en deur sy nek gedryf. Dit het die sagte weefsel, spiere en bloedvate in sy pad gesny totdat dit die onderkant van sy kop verlaat het,” beskryf Cape of Good Hope SPCA die voorval. Die SPCA beweer verder die verdagte is die eienaar van die hond se stiefseun.
“Sy geskiedenis van alkoholmisbruik en gewelddadige uitbarstings het daartoe gelei dat sy gesin ‘n beperkingsbevel teen hom gekry het. Hy het toe hulle huis besoek, waarskynlik met moord in sy gedagtes. Scubie was eenvoudig ‘n maklike teiken.”
LEES OOK: KYK: Ronaldo skree: ‘Water!’, Coke verloor $4 miljard in markwaarde
Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.



