KYK: Ronaldo skree: ‘Water!’, Coke verloor $4 miljard in markwaarde

Deel hierdie storie / Share this story

Wie sou ooit kon dink dat ‘n enkele woord van dié sokkerikoon so baie skade aan Coke kon doen? Coke het $4 miljard in markwaarde verloor nadat die sokkerheld, Cristiano Ronaldo die twee botteltjies Coke voor hom tydens ‘n nuuskonferensie weggeskuif het, ‘n bottel water omhoog gehou en uitgeroep het: “Water!” oënskynlik om mense aan te moedig om eerder water te drink.

Die Portugese sokkerheld en gesondheidsfanatikus was definitief nie baie beïndruk oor die organiseerders se keuse om gaskoeldrank voor te sit nie, alhoewel Coke immers een van die amptelike borge van die nuuskonferensie was. Die koeldrankmaatskappy wat na bewering nie die optrede ernstig opgeneem het nie, se aandeelprys het amper dadelik met 1.6% gedaal.

LEES OOK: Babaseuntjie dood van hongerte na ma oordosis dwelms neem

LEES OOK: VIDEO: Ma van ‘tienling’ verbreek stilte

Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.