Gosiame Thamara Sithole (37), die ma van die beweerde tienling, het gister die stilte in ‘n onderhoud met Piet Ramepdi, redakteur van Pretoria News, verbreek. Pretoria News (IOL) het eerste die land op hol gehad toe hulle aankondig Sithole het die lewe aan ‘n tienling, vermoedelik ‘n Guinness-wêreldrekord, geskenk.
Die onderhoud volg nadat die pa van die “tienling” saam met sy familie ‘n verklaring uitgereik het wat sê daar is nie ‘n tienling nie. Sithlo ontken dat sy ooit vermis was en sê sy het geboorte aan ‘n tienling gegee. Na wat verneem word, sê sy in die onderhoud die familie is glo nie ontsteld nie, omdat hulle ook finansieel uit die skenkings wou voordeel trek.
Sy sê glo verder sy sal nie deur die pa van die “tienling” gedwing word om bekend te maak waar sy of die babas hulle bevind nie. Sy beweer die familie het nooit van haar gehou nie.
Die onderhoud is op Rampedi se sosialemediablad geplaas. Dit is nie bekend waar die onderhoud gehou is nie.
LEES OOK: Hospitaal waar tienling gebore is, nog nie geïdentifiseer nie
LEES OOK: Suid-Afrikaners wil 10 babas sien voor hulle dit glo
Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.



