Hospitaal waar tienling gebore is, nog nie geïdentifiseer nie

Deel hierdie storie / Share this story

PRETORIA. – Die hospitaal waar Gosiame Thamara Sithole (37) aan haar tienling geboorte gegee het, is nog nie geïdentifiseer nie. Selfs die pa van die tienling is in die duister…

Dit volg nadat Mediclinic en Steve Biko Academy-hospitaal gesê het hulle het nie die ma opgeneem nie. Dr. Mathabo Mathebula, CEO van die Steve Biko Academy-hospitaal, sê die ma en haar suster het by die hospitaal opgedaag op soek na haar tienling. Die ma het glo beweer die tienling is in Louis Pasteur-hospitaal gebore en toe oorgeplaas na Steve Biko Academy.

“Ons wil hulp aan haar bied. Ons weet sy kort hulp. Ons is net nie seker watse soort hulp nie,” sê Mathebula verder.

Hospitaal bevestig nie geboorte van tienling nie

Louis Pasteur-hospitaal is ook nie bewus van die geboortes nie. Michael Sadiki, woordvoerder vir dié hospitaal, het aan EWN gesê hulle het nooit die ma of die babas opgeneem nie. “Ons het nog nooit ‘n geboorte van 10 babas gehad nie. Ek weet nie waar kom die storie vandaan nie, maar ek kan bevestig dit is nie waar nie.”

Pretoria News, wat aanvanklik die nuus oor die tienling gebreek het, berig die pa vra alle skenking moet vir eers stop totdat die ma en die tienling tuis is. Hy is glo ook bekommerd oor die ma se doen en late nadat sy die huis verlaat het. Hy kyk tans na die tweeling. Die pa het aan Pretoria News erken hy het al vele kere probeer om die ma en kinders te sien, maar sonder enige sukses.

LEES OOK: VIDEO: familielid sê ma en tienling ‘doen goed’, babas prematuur en in broeikas

LEES OOK: Suid-Afrikaners wil 10 babas sien voor hulle dit glo

Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.