‘Daar is nie ‘n tienling nie’ sê familie van die pa

Deel hierdie storie / Share this story

PRETORIA. – ‘n Verklaring wat op sosiale media die rondte doen en deur die familie van Tebogo Tsotersi, die pa van die “tienling” uitgereik is, beweer daar is nooit 10 babas gebore nie.

Die verklaring lui die pa het vele kere probeer om kontak met sy meisie en die ma van die beweerde tienling, Gosiame Thamara Sithole (37), te maak, maar daar was geen sukses nie. Die familie erken hulle het geen kontak met die ma nie en sy het sedertdien haar selfoon afgeskakel.

Nadat hulle kontak verloor het, het die familie haar na bewering as vermis aangemeld.

Daar word beweer die familie het slegs op WhatsApp-boodskappe staatgemaak wat deur die die ma aan hulle gestuur is. Die familie is glo bekommerd oor waar sy haar bevind.

Die familie vra ook dat alle donasies aan die familie stopgesit word.

LEES OOK: Hospitaal waar tienling gebore is, nog nie geïdentifiseer nie

LEES OOK: Suid-Afrikaners wil 10 babas sien voor hulle dit glo

Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.