Suid-Afrikaners wil 10 babas sien voor hulle dit glo

Die regering het glo die familie probeer opspoor, maar was tot dusver onsuksesvol.

Vrou gee geboorte aan 10 babas, breek wêreldrekord

Vrou gee geboorte aan 10 babas, breek wêreldrekord Foto: Pretoria News/ ANA

PREOTRIA. – Gosiame Thamara Sithole (37) het waarskynlik ‘n wêreldrekord gebreek toe sy aan 10 babas geboorte geskenk het, maar verskeie mense vra om die babas met hulle eie oë te sien voordat hulle dié storie glo.

Dit kom nadat die Suid-Afrikaanse regering nie die geboorte van die 10 babas kon verifieer nie. Phumla Williams, direkteur-generaal van die regering se kommunikasie-afdeling, het die publiek gevra en IOL in ‘n twiet getag en gevra vir meer inligting. Die regering het glo die familie probeer opspoor, maar was tot dusver onsuksesvol.

Foto: Skermgreep van twiet.

Piet Mahasha Rampedi van IOL (Pretoria Nuus) het gister berig hy was verlede maand voor die babas se geboorte self by Sithole-hulle se woning. Die publikasie van die onderhoud is eers gister vrygestel op versoek van die paartjie as gevolg van veiligheids- en kulturele redes.

Intussen word daar berig die familie versoek nou hulp van die gemeeskap. “Ek doen ‘n beroep op die publiek om my te help op enige manier wat hulle kan. Ek sal dit waardeer as iemand iets het. Ek maak nou staat op my skoonma. Sy is oud, leef van haar pensioen en het kleinkinders. Ek het ook mense nodig wat kan help om my kinders groot te maak,” sê die ma aan Pretoria News.

Sithole is nou ‘n ma van twaalf. Haar tweeling is reeds ses jaar oud. Daar word verder berig haar man is werkloos en sy sal as gevolg van die kinders nou haar werk ook moet bedank.

LEES OOK: Vrou gee geboorte aan 10 babas, breek wêreldrekord

Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.

1 thought on “Suid-Afrikaners wil 10 babas sien voor hulle dit glo

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *