Vrou gee geboorte aan 10 babas, breek wêreldrekord

Die sewe seuntjies en drie dogtertjies is op 29 weke deur middel van ‘n keisersnee in die lewe gebring.

Vrou gee geboorte aan 10 babas, breek wêreldrekord

Vrou gee geboorte aan 10 babas, breek wêreldrekord Foto: Pretoria News/ ANA

PRETORIA. – Gosiame Thamara Sithole (37) het die Guinness-wêreldrekord gebreek toe sy gisteraand aan 10 babas geboorte geskenk het.

Haar man, Teboho Tsotetsi, het aan Pretoria News gesê dokters het aanvanklik gedink sy gaan aan agt babas geboorte skenk. Daar word verder berig die ma, van ‘n sesjarige tweeling, sê sy was op geen vrugbaarheidsbehandeling nie.

Die sewe seuntjies en drie dogtertjies is op 29 weke deur middel van ‘n keisersnee in die lewe gebring.

Malian Halima Cissé was aanvanklik die wêreldrekordhouer toe sy verlede maand aan nege babas geboorte gegee het.

LEES OOK: VIDEO: familie en vriende kyk hoe Shaleen se liggaam uit gastehuis geneem word

LEES OOK: Rit na roetine-sonar eindig in tragiese ongeluk

Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *