VIDEO: familielid sê ma en tienling ‘doen goed’, babas prematuur en in broeikas

PRETORIA. – Na ‘n onderhoud met ‘n familielid van die ma van sewe seuntjies en drie dogtertjies is mense nog meer nuuskierig oor dié wêreldrekord gebeurtenis.

Gister het twyfel by vele ontstaan nadat die Gautengse departement van maatskaplike ontwikkeling aanvanklik nie die ma van die “beweerde” tienling kon opspoor nie. In ‘n onderhoud met ENCA-nuus het ‘n familielid, Mathapelo Tsotetsi, gesê die ma en babas doen baie goed. Volgens haar is hulle prematuur en in ‘n broeikas.

“As gevolg van ons kultuur mag daar nog nie foto’s van die babas gewys word nie.”

Nadat daar aan Tsotetsi gevra is in watter hospitaal die ma geboorte gegee het, het sy aan ENCA-nuus geantwoord dat sy dit glad nie mag bekendmaak nie. Die familielid vertel verder die ma het aan vyf babas normaal geboorte gegee en die ander vyf is deur middel van ‘n keisersnee in die lewe gebring.

The Nappy Warehouse het ook aangekondig hulle skenk 1 000 doeke aan die ouers van ‘n tienling.

LEES OOK: Suid-Afrikaners wil 10 babas sien voor hulle dit glo

LEES OOK: Vrou gee geboorte aan 10 babas, breek wêreldrekord

Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *