Babaseuntjie dood van hongerte na ma oordosis dwelms neem

Deel hierdie storie / Share this story

TENNESSEE. – ‘n Babaseuntjie, 15 maande oud, wat vasgebind in sy karstoeltjie in die kamer was, is dood van honger en dehidrasie nadat sy ma in die badkamer ‘n oordosis dwelms geneem het.

Daar word berig Tiffany Spears (32) is gevind nadat plaaslike polisie na die huis ontbied is omdat ‘n proefbeampte deur ‘n venster van die huis gekyk het en Spears leweloos op die vloer sien lê het. Nadoodse ondersoeke het getoon haar liggaam het dae lank in die badkamer gelê voordat sy gevind is.

Daar word beweer Spears was die ma van ‘n dogtertjie (3). Die kind het glo tydens die voorval haar klein boetie probeer voer om hom aan die lewe te hou. Die dogtertjie het in die huis rondgehardloop toe die polisie op die toneel opdaag.

Albei sterftes word as ‘n “ongeluk” beskryf, lui plaaslike mediaberigte.

LEES OOK: VIDEO: Ma van ‘tienling’ verbreek stilte

LEES OOK: Suid-Afrikaners wil 10 babas sien voor hulle dit glo

Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.