Aarbeie en room frappuccino

Deel hierdie storie / Share this story

Jy hoef nie meer in die ry by jou gunsteling-wegneemeteplek te gaan staan nie. Jy kan nou jou eie aarbeie-en-room frappuccino by die huis maak.

LEES OOK: Lyftaal praat soms harder as woorde

Bestanddele:

  • vanieljeroomys
  • melk
  • room (styf geklits of dié wat jy in ’n spuitblikkie kry)
  • vanieljegeursel
  • ys
  • aarbeikonfyt

Metode:

  • Meng al die bestanddele, behalwe die aarbeikonfyt, in ’n elektriese menger tot goed gemeng.
  • Hou ’n klein bietjie geklopte room vir versiering.
  • Gooi bietjie van die roomysmengsel in ’n glas en skep bietjie van die konfyt daarby. Meng dit lekker saam.
  • Gooi dan weer van die roomysmengsel en skep konfyt bo-op sonder om dit te roer.
  • Hou so aan totdat jy die bokant van die glas bereik.
  • Skep dan heel laaste as versiering die geklopte room bo-op.
  • Geniet.

LEES OOK: Bloeduitslae van gastekamer in Kemptonpark glo binnekort gereed