Wanneer jy in ’n gesprek betrokke is, kan die ander persoon se lyftaal vir jou 55% van sy/haar storie vertel. Die stemtoon van die persoon vertel 38% van die storie, en woorde slegs 7%.
LEES OOK: Polisie ondersoek 20 liggame gevind
Sit jou selfoon neer!
Met die 55% wat deur die persoon se lyftaal gesê word, besef ons hoe belangrik dit is om al jou aandag te fokus op die persoon wat met jou praat. Sit neer die selfoon of sit selfs die televisie af as jy moet.
Lyftaal sluit die oë, hand- en armbewegings in, asook die arms en bene en die rigting waarin die bolyf wys.
Oë nie verniet die venster tot die siel nie
Wanneer persone kort-kort hulle oë toemaak terwyl hulle praat, kan dit aandui op ’n swak selfbeeld of selfs dat dit wat hul sê, onwaar is.
Hand- en armbewegings
Die styf vashou van hande, teen mekaar vryf daarvan of speel met die vingers, dui op senuweeagtigheid. As die hande ’n toring vorm of vingers inmekaargevleg is, is daardie persoon versigtig voor hy of sy praat.
Wanneer jy iemand vir die eerste keer ontmoet met ’n handdruk en daardie handdruk is pap en slap, kan dit op ’n swak persoonlikheid met geen deursettingsvermoë dui.
’’n Persoon wat moeilik oopmaak, sal weer die hande wegsteek of agter die rug hou.
Arms en bene is nie net daar nie
As hierdie vier ledemate gevou, gekruis of inmekaargevleg word, voel daardie persoon dis noodsaaklik vir selfbeskerming.
Noord, oos, suid, wes
Hierdie is belangrike lyftaal om te onthou wanneer jy wil weet of iemand die waarheid praat. Wanneer die persoon se hele bolyf weggedraai is van die persoon met wie hy of sy in ’n gesprek is, kan jy vir seker weet die persoon kan nie vertrou word nie.
Na-aaper
Wanneer die persoon wat praat die ander persoon wat luister se lyftaal na-aap, beteken dit dat daardie persoon op sy of haar gemak is en die ander persoon vertrou.
Wanneer ’n mens regtig die persone naby jou in ag neem en oplet na hul lyftaal, kan jy baie dieper en intiemer hul storie wat hul vertel, hoor en verstaan.
LEES OOK: Bedwelm, verkrag meisie, vermoor ma



