Bedwelm, verkrag meisie, vermoor ma

Deel hierdie storie / Share this story

NOORD-WES. – ’n Meisie (15) en haar ma (28) is na bewering deur die ma se kêrel (34) bedwelm, waarna hy glo die meisie verkrag het. Hy het toe glo die ma, wat steeds bewusteloos was, in ’n kruiwa weggestoot, waarna sy nooit weer gesien is nie.

LEES OOK: Liggame langs spoor glo van onwettige myners

Tiener vrees vir haar lewe

Brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, sê die tiener, wat gevrees het vir haar lewe, het huis toe gegaan sonder om vir enigiemand te sê wat gebeur het.

Die ma, Monni Elsah Monyeki, is op 2 Junie deur haar tannie as vermis aangemeld.

Verbrande liggaam gevind

Monyeki se verbrande en ontbinde liggaam is in ’n vlak graf gevind nadat die verdagte in hegtenis geneem is, ondervra is en die liggaam aan polisie uitgewys het.

Die ondersoek het aan die lig gebring sekere liggaamsdele van die oorledene se liggaam word vermis.

Die verdagte sal Donderdag 17 Junie in die Moretele-landdroshof op aanklag van verkragting en moord verskyn.

LEES OOK: Liggaam vir ure in straat gelos