Polisie ondersoek 20 liggame gevind

Deel hierdie storie / Share this story

NOORD-WES. – Die polisie ondersoek nou die voorval waarin 20 liggame Dinsdag en Woensdag op twee verskillende plekke in Orkney buite Klerksdorp gevind is.

LEES OOK: Liggaam vir ure in straat gelos

Lyke op verskillende plekke gevind

Die eerste vyf ontbinde liggame is op Dinsdag 14 Junie 2021 omstreeks 19:00 buite ’n ou en ongebruikte mynskag in Lawrence Park, Orkney gevind.

Woensdag 15 Junie 2021 is nog 14 ontbinde liggame langs Aristonweg naby die spoorlyn op Orkney gevind.

Terwyl die toneel nog ondersoek is, het die polisie inligting ontvang van ’n ander liggaam wat ontdek is waar die aanvanklike vyf gevind is, wat die totaal op 20 te staan gebring het.

Glo onwettige myers

Dit word vermoed al die oorledenes was onwettige myners (Zama-Zamas).

Die oorledenes het ernstige brandwonde opgedoen en was in wit plastieksakke toegedraai. ’n Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van die massadood te bepaal.

Hou moontlik verband met video

Ondersoek na die saak duur voort en sluit die moontlikheid in om die voorval te koppel aan die video wat op sosialemediaplatforms versprei is. Daar is gesien hoe ’n man wat homself “Mafifi” noem, om hulp pleit na ’n skynbare rookinaseming op skag nommer ses.

Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om kol. Gaanakgomo by 082 568 5975 te skakel.

LEES OOK: Liggame langs spoor glo van onwettige myners